Welkom
Sedert ons ontstaan in Stellenbosch in 1994 het Eikestad Besproeiing so uitgebrei dat ons die hele Weskaap provinsie bedien vanaf ons kantoor in Durbanville. Ons is bekend in die Weskaap vir goeie diens en billike pryse en kliënte is so tevrede met die diens wat hulle kry dat hulle daagliks hulle vriende na ons verwys.
Ons is een van min besproeiingskontrakteurs wat ‘n totale pakket vir die kliënt kan bied, wat insluit, maar nie beperk is tot:
Besproeiing:
Ontwerp, installering en instandhouding van alle besproeiingstelsels wat insluit
- Huistuine
- Kommersiële tuine
- Gholfbane
- Parke
- Botaniese tuine
- Landbou
Dreinering:
Ontwerp en installering van dreineringstelsels, beide vir tuine en landbou
Verskaffing van doelgerigte dreineringspype vir areas wat nie deur konvensionele pyp bedien kan word nie.
Pompe en beheerpanele:
- Invoer, verspreiding en installering van drukpompe, boorgatpompe en beheerpanele
- Bou van pompstasies
- Bou en installering van filterbanke
- Verskaffing en installering van “Variable Speed Drives”
- Bou en installering van beheerstelsels vir pompe en besproeiing
Rioolsuiwering:
Invoer van Amerikaanse en Duitse rioolsuiweringstelsels. Hierdie stelsels is baie koste-effektief en die water is na behandeling skoon genoeg om direk in riviere te stort (volgens EU standaarde) of vir besproeiing te kan gebruik.
Watersuiwering:
- Swembadwater word gesuiwer sonder om chloor of sout te gebruik. Die water kan dus nie die vel irriteer of oë brand nie. “Backwash” water a nook in tuine gebruik word. Geen koste aan sout of chloor nie.
- Drinkwater, insluitende boorgatwater, word gesuiwer tot World Health Organisation (WHO) standaarde. Kontak ons gerus vir meer besonderhede.
Ons is ‘n lid van SABI (South African Irrigation Institute).
Ons bied ‘n 24 uur nood uitroepdiens – skakel ons kantoor enige tyd, 24/7/365. Na-ure gaan die nommer direk deur na die persoon op bystand.
|