|
Al ons personeel word intern opgelei om te verseker dat hulle altyd u, die kliënt, se beste belange op die hart dra.
‘n Voltydse Operasionele Bestuurder sien toe, op ‘n daaglikse basis, dat daar so gou moontlik aandag aan kliente se behoeftes gegee word, dat die vloot altyd diensbaar is, kontroleer die gehalte van werk en sien om na enige klagtes.
Pompe en verwante behoeftes word gediens deur ‘n voltydse opgeleide tegnikus wat hierin spesialiseer. Hy installeer en diens boorgatpompe, sentrifugale pompe, filter stelsels “variable speed drives” , elektriese beheerpanele ens. Ons is een van min pomp maatskappye wat self beheerpanele vir pompe en pompstasies kan bou. Geen subkontrakteurs is dus nodig nie en ons neem volle verantwoordelikheid vir die totale installasie.
Ons is ‘n lid van SABI (South African Irrigation Institute).
Foto Gallery

|