Kliënte
Die sukses van hierdie maatskappy lê daarin dat ons kliënte die spilpunt van die besigheid vorm. Daagliks verwys tevrede kliënte hulle vriende na ons.
Ons kliënte strek van klein verbruikers, bv. Dorpshuis tuine, tot by korporatiewe kliënte, boerderye, kwekerye, gholfbane en botaniese tuine. Ongeag of u slegs u rekenaar wil laat instel of ‘n paar honderd duisend rand se projek wil loots, ons is tot u diens.
Ons konsulteer gereeld op groter projekte en werk reeds op ontwerp stadium nou saam met argitekte, landskapsargitekte, bouers en ingenieurs om te verseker dat daar nie later in die projek “verrassings” kom nie.
Prys is altyd ‘n groot faktor, hetsy of dit vir herstelwerk is of nuwe installasies. Juis daarom is dit noodsaaklik dat ‘n kliënt se spesifieke behoefte verstaan en aan voldoen word. Gehalte, diens en prys moet in balans wees wanneer enige werk gedoen word.
Sommige kliënte sluit in:
- Huiseienaars
- Plase / boerderye
- Korporatief
- Munisipaliteite
- Skole
- Universiteite
- Ontwikkelaars
- Argitekte en landskapsargitekte
- Gholfbane
- Beheerliggame en H.E.V.’s
- Sportbeheerrade
- Botaniese Tuine
 |